Sasol-stoeiers wen by Mpumalanga-ligakampioenskap
Verskeie stoeiers van die Sasol Secunda Stoeiklub het op 18 Junie aan die Mpumalanga-ligakampioenskap deelgeneem en presteer.
SECUNDA – Verskeie stoeiers van Sasol Secunda Stoeiklub het op 18 Junie aan die Mpumalanga-ligakampioenskap op Middelburg deelgeneem en medaljes verwerf.
Nico van den Berg het die President- en Junior Vrystylafdelings, asook die Junior Grieks-Romeinse afdeling gewen en drie goue medaljes gekry.
Hy het tweede in die President Vrystylafdeling gekom wat aan hom ’n silwermedalje besorg het.
Nathan Webb het die President-, Kadet- en Junior Vrystylafdelings gewen, asook die President- en Kadet Grieks-Romeinse afdeling en het vyf goue medaljes ontvang.
Hy het tweede in die Junior Grieks-Romeinse afdeling geëindig en ’n silwermedalje gewen.Anru van Zyl het derde in die President Vrystylafdeling gekom en ’n bronsmedalje in die S0/13-Vrystylafdeling verwerf.
Elf van Sasol Stoeiklub se stoeiers het aan die langtermyn-ontwikkelingsafdelings deelgeneem.
Hulle is Rei van Niekerk, Zak Manaia, Hans Schutte, Steven de Beer, Divan Smit, Zandre Smit, De Wet Vosloo, Berno Groenewald, Marnus Groenewald, Nathan Erasmus, Ethan Möhr en Jordan Webb.



