Standerton Dekalb Rugbyklub gooi ‘brandstof’ in voor groot kragmeting
’n Gevoel van samehorigheid is opmerkbaar by die spelers en bestuur.
Ter voorbereiding van vanmiddag se eindronde teen Ermelo Rugbyklub het die manne van die Standerton Dekalb Rugbyklub vanoggend by Spur ’n ontbyt geeët.
’n Gevoel van samehorigheid is opmerkbaar by die spelers en bestuur.
Standerton Advertiser, het Mnr. Ben Vorster, voorsitter van die klub, gevra om sy mening oor vanmiddag se stryd.
“Die senuwees en opgewondenheid loop hoog, maar die manne is gereed en ons sien uit.”
Maak seker dat jy nie dié wedstryd misloop nie, dit beloof om een vir die boeke te wees!
Die eerste wedstryd skop omstreeks 2nm op SHS se A-veld af, waarna die eerstespan sal uitdraf.
Mnr. Vorster het inwoners gevra om al teen 1.30nm in hul honderde op te daag om die spelers te kom ondersteun.
Indien die sportshek toe is, kan mense die hoofhek by die skool gebruik.
Daar sal ondersteuners baadjies te koop wees teen R450 asook ’n ietsie om te eet en drink.




