Local sportSport

Rudolph is stoeikampioen

Die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap is vanjaar op 2 Julie aangebied waartydens Rudolph eerste in vrystel geëindig het.

BETHAL – Rudolph Vermeulen stoei al sedert hy in gr. 2 is en het eerste tydens die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap op 2 Julie geëindig.

Hy het gesê: “Ek het in gr. 2 verby die skoolsaal gestap waar ’n stoeiaanbieding gehou is.

“Ek self begin stoei en het in 2007 in gr. 7 Mpumalangakleure gekry en ook dieselfde jaar aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap deelgeneem.”

Die hoogtepunt van sy skoolloopbaan was toe hy gekwalifiseer het om aan die Afrika Stoeikampioenskap deel te neem en ’n derde plek losgestoei het.

“Ek sal stoei vir enige kind aanbeveel,” het Rudolp gesê.

“Dit help om jou selfbeeld op te bou en leer jou selfdissipline en lewensvaardighede.

“Met stoei bou jy ’n verwantskap tussen jou en medestoeiers.

“Saam met jou afrigter is dit ’n spansport, hoewel jy alleen op die stoeimat is.

“Stoei gaan gepaard met goeie selfbeheersing en help sodoende ook met streshantering in die alledaagse lewe omdat jy leer om onder druk te werk.

“Stoei is seker een van die beste sportsoorte vir spierontwikkeling.

“Wat dit nog lekkerder maak, is dat daar baie min beserings in stoei is en dit ’n sport is wat jy tot op die ou dag kan beoefen.”

Hy het telkemale op Suid-Afrikaanse vlak uitgeblink en het in verskillende style tweede en derde plekke behaal.

Graderingproewe beteken dat stoeiers stoei om vir die Afrika Spele gekies te word.

Om as junior te stoei, stoei jy in die ouderdomklas van 18 tot 20 jaar.

Terwyl Rudolph nog ’n kadetstoeier was, het hy in die juniorvrystylafdeling derde geëindig tydens die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap.

Hy het eers weer in 2015 aktief begin stoei en vir die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap voorberei.

Rudolph het vanjaar ’n tweede plek in die Vrystylafdeling behaal tydens dié kampioenskap.

Voordat hy aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap deelgeneem het, het hy vir die Mpumalanga-stoeispan gekwalifiseer en ’n eersteplek verwerf.

Hy beoog om vir die Statebondspele te kwalifiseer en sy grootste droom is om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem en ’n medalje te wen.

“Ek sal hard genoeg oefen en voorberei met die doel om ’n goue medalje te wen en my ouers, afrigter en Suid-Afrika trots te maak.

“Ek het nooit gedink dat ek die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap sou kon wen nie, maar dit neem lank om sukses te bereik en aanhouer wen,” het Rudolph gesê.

Hy rig tans jong stoeiers van gr. 2 tot 7 by Unicor Stoeiklub op Bethal af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button