Local sportSport

Sasol Hydra-Arc dring weer deur na Premierliga-eindstryd

Die Sasol Hydra-Arc eerste rugbyspan lê eerste op die punteleer en dit wil voorkom asof hulle dié seisoen weer koning gaan kraai.

SECUNDA – Sasol Hydra-Arc eerste rugbyspan het die afgelope naweek kragte met Witrivier in die Mpumalanga Premierliga se halfeindronde gemeet.

Sasol Hydra-Arc het na ’n verwoede wedstryd met 41-40 getriomfeer.

Hulle het hard geveg vir hul oorwinning en was teen rustyd 19-27 agter.

Die manne het egter vasgebyt en ses drieë, ’n verdoeling, ’n skepdoel en twee strafdoele aangeteken.

Die puntemakers was Steven Jacobs, HJ Neethling, Shuan Jacobs, Erick de Vos, Rudi Vorster en Jeandré Kleynhans wat elkeen ’n drie gedruk het.

Die punte het op 39-40 gestaan toe Jeandré sy drie gedruk het.

Hy het sy eie drie verdoel, wat die tuisspan met een punt laat voorloop het.

Dit was die maak of breek oomblik.

Fanie Booysen het vroeg reeds ’n skepdoel aangeteken en ook twee strafdoele laat tel.

Werus Evers en Adriaan Pienaar is as die Man van die Wedstryd aangewys.

Die Sasol Hydra-Arc eerste rugbyspan lê eerste op die punteleer en dit wil voorkom asof hulle dié seisoen weer koning gaan kraai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button