Local sportSport

Hengelaars kap 125 visse vas

Altesaam 52 hengelaars, waarvan 11 besoekers, het deelgeneem en 125 visse met 'n totale gewig van 113.977kg aan wal gebring. Ernest Mitchell het in die seniorafdeling met sewe visse van 8.712kg geseëvier en ook die vis vir die dag, 'n modderbek van 1.184kg, vasgekap.

Meyerville Hengelklub het op 13 Augustus ‘n kompetisie by die klubwater gehou .

Altesaam 52 hengelaars, waarvan 11 besoekers, het deelgeneem en 125 visse met ‘n totale gewig van 113.977kg aan wal gebring. Ernest Mitchell het in die seniorafdeling met sewe visse van 8.712kg geseëvier en ook die vis vir die dag, ‘n modderbek van 1.184kg, vasgekap.

Flippie Botha was tweede met ses visse van 7.004kg, terwyl Adolf Schonken met sewe visse van 5.007kg derde geëindig het.

Hennie Muller het die meestersafdeling met 21 visse van 15.501kg beklink, Piet van der Merwe was tweede met 11 visse van 7.195kg en Pikkie Gleeson derde met vier visse van 8.433kg.

Lettie Strydom het die vroue-afdeling verower met twee visse van 1.604kg, Solene du Preez was tweede met twee visse van 1.478kg en Monica Schonken, ‘n besoeker, derde met een vis van 1.059kg.

Jandre Swanepoel, ook ‘n besoeker, het in die juniorafdeling koning gekraai met vier visse van 3.067kg, Monri Tereblanch was tweede met drie visse van 3.074kg en Lea Kleynhans, ook ‘n besoeker, derde met een vis van 3.472kg.

Die volgende kompetisie vind op 10 September plaas.

Hengelaars kom om 6.15vm by die hek bymekaar en hengel vanaf 7vm tot 3nm.

Vir meer inligting skakel Marianne Erasmus by 083 712 4858.

Die klub het Midas en Khan’s Angling & Cycling bedank wat pryse geborg het.

Related Articles

Back to top button