Sasol Hydra-Arc rugbyspan nou no.1
Shaun Jacobs, nommer 11, en Neoi Maliehe, nommer 8, is as die manne van die wedstyd aangewys.
SECUNDA – Sasol Hydra-Arc en Ferro’s Rugbyklub het behoorlik kragte gemeet tydens die uitklopliga wat Saterdag, 13 Augustus op Sasol se sportterrein plaasgevind het.
Sasol het hulle met 42-29 geklop.
Hoewel dissipline op die veld goed deur albei spanne gehandhaaf is, is ’n geelkaart in die 12de minuut aan een van Sasol Hydra-Arc se spelers gegee en in die 78ste minuut aan een van Ferro’s se spelers.
Die puntemakers vir die dag was Steven Jacobs wat ’n drie gedruk en twee verdoel het.
Pieter Stretch Streicher het twee drieë gedruk.Fanie Booysen het twee drieë verdoel en drie strafdoele deur die pale gestuur.
Sasol Hydra-Arc was op die verdediging in Ferro’s se kwartgebied nadat die bal losgespat het uit ’n losgemael en HJ Neethling, nommer 13 van Sasol, die bal in die hande gekry het.
Teen rustyd was Sasol Hydra-Arc voor met 20 – 10.
HJ Neethling het weggespring en onder Ferro’s se verdedigers uitgehardloop tot waar hy die bal tussen die pale kon neersit vir nog vyf punte.
Sasol kon weer eens op hul nommer 15, Pieter Stretch Streicher, se spoed staatmaak.
Shaun Jacobs, nommer 11, en Neoi Maliehe, nommer 8, is as die manne van die wedstyd aangewys.








