Local sportSport

Onderhoud met Johan van Schaik Pumas-Amateur slot

Ek is vreeslik lief vir die fisiese aspek van rugby, my sterkpunt is my lynstaanwerk en ‘ruthless aggression.’

Vraag: Watter tipe persoon is jy van die veld af?

Antwoord:  ’n Teddiebeer met tande. Mense bring die goed en sleg uit jou uit.

Vraag: Watter aspekte van jou spel sou jy sê is jou sterkpunt?

Antwoord: Ek is vreeslik lief vir die fisiese aspek van rugby, my sterkpunt is my lynstaanwerk en ‘ruthless aggression.’

Vraag: Watter huidige of voormalige slot provinsiaal/nasionaal/internasionaal is vir jou die beste na jou mening?

Antwoord: My skoolvriend Lood de Jager. Hy was op skool ’n ou ‘softy’, nou’s hy ’n bul!

Vraag: Sou jy sê jy probeer jou teenstanders intimideer om in hul koppe te kom?

Antwoord: Beslis, jy kan nie op jou spel fokus as jy my die heeltyd wil bykom nie.

Vraag: Beskou jy jouself as ’n kontroversiële figuur  of sou jy sê jy is net mal oor die fisiese element van die spel?

Antwoord: Nee, ek beskou myself nie as ’n kontroversiële speler nie, maar ek is vreeslik lief vir die fisiese aspekte van die spel.

Vraag: As ’n onderwyser by Standerton Primary, hoe belangrik is ontwikkeling vir spelers op dié vlak?

Antwoord: Bitter belangrik, ontwikkeling sal ook natuurlik plaasvind, maar kinders moet die sport op die einde van die dag geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button