Onderhoud met Michael van Vuren Pumas-Amateur vaskopstut
Jy moet ’n sterk leier wees, maar jou spel moet nie daaronder ly nie.

Vraag: Jy was vanjaar kaptein van die eerstes by die Standerton Dekalbrugbyklub, watse druk is daar op jou as kaptein en hoe hanteer jy dit?
Antwoord: Dit is belangerik om ’n voorbeeld te wees vir jou spanmaats – “Lead by example.”
Jy moet ’n sterk leier wees, maar jou spel moet nie daaronder ly nie.
Soms kom die manne nie met mekaar oor die weg van die veld af nie, maar dit is belangrik om wanneer hulle op die veld draf broers te word.
Vraag: As jy vir jou spanmaat, Willem Martin wat nou as Pumas-Amateurspan kaptein gekies is, kon advies gee, wat sou dit wees?
Antwoord: Willa is in sy eie reg ’n leier op en van die veld af.
As ek vir hom advies kon gee sou dit wees om net elke oomblik te geniet.
Vraag: Wat was vir jou die hoogtepunte en laagtepunte van die seisoen gewees?
Antwoord: Om vanjaar deel te kon hê in drie oorwinnings om drie verskillende bekers vir die klub te verseker en nodeloos om te sê was my besering vir my die laagtepunt.



