Onderhoud met Willem Martin Pumas-Amateurspan kaptein
Dit is ’n baie groot eer en ek kan nie wag om saam my span en broers op die veld te draf nie.

Willem Martin
Vraag: Wat beteken die kapteinskap vir jou?
Antwoord: Dit is ’n baie groot eer en ek kan nie wag om saam my span en broers op die veld te draf nie.
Vraag: Watter einskappe na jou mening maak ’n goeie kaptein?
Antwoord: Geduld en ’n positiewe gesindheid.
Dit is ook vir my belangrik om spelers se moraal op te tel wanneer dit lyk of hulle ’n laagtepunt bereik.
Ek dink ook ’n kaptein moet nie net ’n passie vir die spel hê nie, maar ook vir mense.
Vraag: Dit is nie die eerste keer dat jy op provinsiale vlak presteer nie, watse ander mylpale het jy al behaal?
Antwoord: Ek was bevooreg genoeg die SA Buffalo’s in Zimbabwe te verteenwoordig, was gekies vir die Pumas 0/21-span, daarna is ek gekies vir die 10’s wat in Phuket gaan speel het. Ek is ook in 2011 gekies vir die Puma-Amateurspan en is as Speler van die Wedstryd aangekondig in ’n kragmeting teen die Bulle.
Vraag: As jy enige iets uit vanjaar se seisoen by die klub kan oordra na die Pumas-Amateurspan, wat sal dit wees en hoekom?
Antwoord: Vir my is dit belangrik om as span saam te staan vir rugby en as ons dieselfde dissipline kan handhaaf sal ons goed vaar.



