Local sportSport

Gert wen kerk se dag

Een voorgee teken 40 punte aan

BETHAL – Gert van der Merwe met 40 punte het Saterdag die Hervormde Kerk se jaarlikse gholfdag by Bethal Gholfklub gewen.

Van der Merwe speel vanaf ’n een voorgee.

N. Mahlangu met 39 punte was tweede, terwyl Janus Bezuidenhout met 39 punte derde was.

Die vierde plek is deur FC Sibeko met 38 punte verower, met Fransois Barry vyfde met 38 punte.

Theuns Taljaard met 38 punte was sesde en Hennie Jordaan was sewende met 38 punte.

Bertus Nortier het die agtste plek verower met 37 punte, terwyl S. Mtobeni met 37 punte negende was.

Die 10de plek is deur M. Madonsela verower. Hy het 37 punt behaal.

Hy het ook die prys vir die naaste aan die pen op die 6de en 15de putjies behaal.

Fransois Barry het die prys ontvang vir die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button