Local sportSport

Ondervinding gee deurslag

Die ondervinding van die Bethal Bears het na vore gekom en hulle het beheer oor die wedstryd begin neem.

BETHAL – Hoërskool Hoogenhout se eerste krieketspan het Saterdag, 13 Augustus in die stof gebyt tydens ’n vriendskaplike wedstryd vir die Behr-wisseltrofee teen Bethal Bears.

Bears het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Tiaan du Preez van Hoogenhout het Bethal se kolwers op hul tone gehad met aggressiewe boulwerk en het twee vinnige paaltjies laat kantel.

Die ondervinding van die Bears het egter na vore gekom en hulle het beheer oor die wedstryd begin neem.

Bethal Bears se beste kolwers was Tim van Biljon met 94 lopies, Ashley Methula met 61 en Corne Greyvenstein met 57 lopies.

Bethal Bears het 305 lopies in hul 50 beurte aangeteken.

Hoogenhout het 234 lopies aangeteken.

Franco du Preez en Hendrik Susan was Hoogenhout se beste kolwers met 55 en 46 lopies onderskeidelik.

Bethal Bears se beste boulers was Tim van Biljon en Johan Prinsloo met drie paaltjies elk.

“Dié wedstryd het as goeie oefening vir albei spanne gedien.

“Ons wens Hoogenhout sterkte toe vir die res van hul seisoen en hoop hulle doen goed,” het Jean Greyling, Bethal Bears kaptein, na die wedstryd gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button