Local sportSport
Maximed delf die onderspit
Dit is weer Besigheidsliga tyd en die spelers van Maximed en Monsanto het sake op die krieketveld uit uitgespook
Standerton se Krieket Besigheidsliga is volstoom aan die gang en spanne het mekaar die afgelope naweek die stryd aangesê.
Dekalb Rugby se 142/8 het aan hulle die oorwinning teen Greenstar besorg wat 117/10 aangeteken het en gevolglik met 25 lopies die onderspit gedelf het.
Dekalb se Brendan Coetzee het 38 lopies behaal en Damian Brink vyf paaltjies geneem. Monsanto het 175/6 teen Maximed se 117/10 behaal waar Jan-Dirk van Dyk 65 lopies vir die wenspan aangeteken het en PJ Venter vyf paaltjies geneem het om Monsanto se sege van 58 lopies te verseker.
Sien al die foto’s HIER
Sien die punteleer in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



