Local sportSport

Elizma deel haar hokkietalent

HIGHVELD – Hokkie is me. Elizma Loxton se passie. Sy is ’n onderwyser by Laerskool TP Stratten Primary School en speel sedert gr. 6 Mpumalanga-hokkie. Me. Loxton is die voorsitter van Sasol Hokkieklub en is ook by die reëlings van die vyf-’n-kant hokkietoernooie waarin sy nie net speel nie, maar ook as skeidsregter optree. Sy …

HIGHVELD – Hokkie is me. Elizma Loxton se passie.

Sy is ’n onderwyser by Laerskool TP Stratten Primary School en speel sedert gr. 6 Mpumalanga-hokkie.

Me. Loxton is die voorsitter van Sasol Hokkieklub en is ook by die reëlings van die vyf-’n-kant hokkietoernooie waarin sy nie net speel nie, maar ook as skeidsregter optree.

Sy word gereeld deur plaaslike skole genader om een-dag hokkieklinieke aan te bied.

Me. Loxton het tydens die 0/18 Interprovinsiale Toernooi wat in 2013 in Pietermaritzburg gehou is, haar gradering as skeidsregter met lof geslaag.

Sy het ook in 2014 aan die Mpumalanga Interprovinsiale Spantoernooi deelgeneem en tree gereeld op as keurder by uitspeelwedstryde vir leerlinge wat die Mpumalanga-span haal.

Nadat sy haar in die Secunda-omgewing gevestig het, het sy besluit om haar kennis, kundigheid en ondervinding in die gemeenskap terug te ploeg en het daarom verlede jaar met haar eie hokkie-akademie begin.

Hier leer spelers die nuutste hokkietegnieke en die tegnieke word ook ingeoefen.

Ses van die spelers wat die akademie bygewoon het, het in 2015 Mpumalanga-kleure in hokkie verwerf.

’n Groep Duitse hokkie-afrigters het Suid-Afrika in 2015 besoek.

Hulle het die Duitse Prinsesafrigtingskursus in Witbank aangebied en me. Loxton is genooi om dit by te woon.

Sy het dié kursus met lof geslaag en baie ondervinding opgedoen wat van onskatbare waarde vir die spelers wat haar akademie bywoon, is.

Me. Loxton is ook genooi om tydens die inter-universiteite hokkietoernooi as skeidsregter op te tree wat haar ondervinding verder uitgebrei het.

Enige leerling wat `n passie vir hokkie het en gevorderde tegnieke wil aanleer asook die interpretasie van hokkiereëls beter wil verstaan, kan by haar kokkie-akademie aansluit.

Skakel haar by 082 788 5843 of stuur ’n epos na elizmaloxton@gmail.com.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button