Bethal Bears skenk kriekethandskoene
BETHAL – Bethal Bears Krieketklub het onlangs hul algemene jaarvergadering gehou en die nuwe bestuur vir die komende seisoen gekies. Mnr. Leon Parsons is die nuwe voorsitter van die bestuurskomitee en mnr. George Plowman is die ondervoorsitter. Mnr. Neil Parsons is as tesourier en mnr. Drikus Pentz as sekretaris verkies. Mnr. Ashley Methula is die …
BETHAL – Bethal Bears Krieketklub het onlangs hul algemene jaarvergadering gehou en die nuwe bestuur vir die komende seisoen gekies.
Mnr. Leon Parsons is die nuwe voorsitter van die bestuurskomitee en mnr. George Plowman is die ondervoorsitter.
Mnr. Neil Parsons is as tesourier en mnr. Drikus Pentz as sekretaris verkies.
Mnr. Ashley Methula is die ontwikkelingsbeampte en mnr. Charles Pentz is die bemarkingsbeampte.
Mnr. Tim van Biljon is die spelersverteenwoordiger en mnr. John Smit die vrouekrieketverteenwoordiger.
Die keurkomitee bestaan uit mnr. Jean Greyling as voorsitter, mnr. Neil Parsons as sekretaris en mnr. Tim van Biljon as addisionele lid.
“Na ’n ongelooflike seisoen waartydens ons die Mpumalanga Premierliga gewen het, gaan ons probeer om die seisoen te probeer opvolg met ’n beter een.
“Ons het opwindende jong spelers wat by die klub aangesluit het en ek kan nie wag om te sien wat hulle gaan oplewer in die nuwe seisoen nie,” het mnr. Leon Parsons na die vergadering gesê.
Bethal Bears het ook 24 pare kolfhandskoene aan die eMba Krieketklub oorhandig.
Mense wat by die Bethal Bears Krieketklub wil aansluit, kan mnr. Leon Parsons skakel by 076 157 3320.



