Local sportSport

Jong spelers geniet tennistoernooi

SECUNDA – Anne-Marie Meyer glo dat jong tennisspelers kan baat by gereelde toernooi-oefeninge en het die afgelope Vrydag weer ’n ontwikkelingstoernooi by die Sasol Secunda Klub aangebied. “Vir baie van die jong outjies was dit die eerste keer op ’n vol baan. “Hulle weet dalk nog nie heeltemal hoe om te tel en tellings aan …

SECUNDA – Anne-Marie Meyer glo dat jong tennisspelers kan baat by gereelde toernooi-oefeninge en het die afgelope Vrydag weer ’n ontwikkelingstoernooi by die Sasol Secunda Klub aangebied.

“Vir baie van die jong outjies was dit die eerste keer op ’n vol baan.

“Hulle weet dalk nog nie heeltemal hoe om te tel en tellings aan te teken nie en is nog onseker oor die fyner puntjies van tennistoernooie speel.

“Ek gaan dan saam met dié spelers op die baan en só leer hulle speel-speel.

“Ons werk daaraan dat hulle kante toe hardloop en terug beweeg na die middel en aan hulle diene.

“Ek leer hulle selfs dat jy altyd twee balle by jou moet hê, een in jou linkersak as jy regs speel en een om mee te speel.

“Só skrik die spelers nie as hulle die eerste keer by ’n meer formele toernooi op die baan stap nie en kan hulle dan net op hul spel fokus.”

Van die spelers by Vrydag se toernooi het dit ook sommer as oefening gebruik vir die Hoëveld 0/10-toernooi wat op 28 Augustus gespeel word en waartydens die Hoëveldspan gekies word.

“Ons kies gewoonlik ses seuns en ses dogters vir die Hoëveldspan wat dan teen ander streke in die provinsie deelneem.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button