Sasol se Pumatjies presteer
Die vierde Mpumalanga Pumatjie Stoeitoernooi het op Saterdag 13 Augustus in die hoofsportsaal van die Sasol Ontspanningsklub plaasgevind.
SECUNDA – Sasol Stoeiklub is een van die stoeiklubs wat tans die vinnigste groei en suksesvolle stoeiers oplewer.
Die vierde Mpumalanga Pumatjie Stoeitoernooi het op Saterdag, 13 Augustus in die hoofsportsaal van die Sasol Ontspanningsklub plaasgevind.
Die volgende Pumatjie-stoeiers van Sasol Stoeiklub het aan die toernooi deelgeneem: Christiaan Steyn, Ivan Koekemoer, Aiden Erasmus; Rickus Meyer, Nathan Erasmus, Marnus Groenewald, Berno Groenewald, Steven Prinsloo, Emmett Groenewald, Zak Manaia, Zandre Theron, Shaunn Carroll, Fourie Fouch, Rei van Niekerk; Robbert Jonck, LudolphSteenkamp en Anru van Zyl.
Die Sasol Pumatjies het die Mpumalanga-wisseltrofee vir die derde plek in die kreetkompetisie gewen.
Die Mpumalanga Stoei Ouderdomkampioenskap het ook op 13 Augustus plaasgevind.
Sasol Stoeiklub se Christiaan Steyn (0/6), Berno Groenewald (0/8) en Zak Manaia het aan die langtermyn-ontwikkelingsafdeling deelgeneem.
Zandre Theron, Marnus Groenewald en Hans Schutte (0/10) het ook gestoei.
Nathan Erasmus (0/9), Jordan Webb en Ethan Mohr (0/10) het eerste plekke en goue medaljes losgestoei.
Anru van Zyl het goud in die 0/13-Vrystyl-, 0/13-Grieks-Romeinse en Presidente Vrystylafdelings verower.
Die tweede plekke en silwermedaljes het aan Ludloph Steenkamp (0/9), Steven de Beer (0/10), Jaden Grobler (0/11) en Lihann Kriek (0/13) gegaan.






