Local sportSport
Hoëveld-tennistoernooi se 0/10-span gekies
Die Hoëveldspan speel in November op Secunda teen Wes-Mpumalanga en Laeveld Kids.
SECUNDA – Die laaste van vanjaar se vier Hoëveld-tennistoernooie is op 28 Augustus by die Sasolklub gespeel.
Die 0/10-spelers word vir die Hoëveldspan gekies op grond van hul prestasies by dié toernooie.
Die Hoëveldspan speel in November op Secunda teen Wes-Mpumalanga en Laeveld Kids.
Vanjaar se keuring was moeilik omdat die tennisspelers almal goed gespeel het en tot aan die einde was daar nog nie sekerheid oor wie as oorwinnaars uit die stryd sou tree nie.
Daar is een seun en een dogter wat as algehele wenners gekroon word, maar die top ses seuns en die top ses dogters word vir die 0/10 Hoëveldspan gekies.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



