Local sportSport

Elrina is op die wenpad

Sy is selfs spyt dat sy nie vroeër begin het om die sport te beoefen nie

Elrina Greaves dien die stereotipe dat rolbal vir ou mense is ’n nekslag toe.

“Dit is ’n mite,” het sy onomwonde verklaar.

Sy is selfs spyt dat sy nie vroeër begin het om die sport te beoefen nie.

Elrina is onlangs as die vroue-kampioen by die Hoëveld Champion of Club Champions 2016 gekroon en het in haar laaste wedstryd teen verlede jaar se kampioen, Sonja Mouton, te staan gekom.

Haar puntetelling het egter die oorwinning aan haar besorg wat ’n hoogtepunt in haar sportloopbaan is.

“Die balletjies het ingekruip waar ek nie gedink het dit sou nie.

“Ek is nog ’n bietjie oorweldig.”

Sy beoefen die sport al drie jaar en het slegs verlede jaar besef dat sy die aanvoeling daarvoor het.

Afhangende van inskrywing by verskillende afdelings, kan dit aflê van ver afstande behels om jou vaardighede te slyp.

Dié sekretaresse van die Standerton Rolbalklub het selfs so ver as Witrivier gereis om aan wedstryde deel te neem, hoewel die omliggende Secunda, Ermelo, Vrede en ook verder na eMalahleni (Witbank) meer gereeld besoek word.

As jy die Hoëveldstreek verteenwoordig en vir Mpumalanga speel, betaal die South African Bowling Association ’n gedeelte van jou verblyfkoste.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button