Sasol Secunda Rolbalklub hou algemene jaarvergadering
Die Sasol Secunda Rolbalklub verkies hulle nuwe bestuurskomitee en oorhandig trofees.
SECUNDA – Die Sasol Secunda Rolbalklub het hul algemene jaarvergadering op 3 September by die Sasolklub gehou.
Die klub het ook die geleentheid gebruik om hul prysuitdeling vir die jaar se wenners aan te wys.
Die afgelope seisoen was suksesvol vir Secunda se rolbalspelers met die verskeie individuele en spantitels wat deur die Sasol Secundaklub gehou word.
Dié titels sluit in die Hoëveld mans- en vroue-enkelskampioene, die klubkampioen van kampioene, die mansmeestersope en die mansmeesters seniorwenners.
Albei die Hoëveld-mansstripswenspan en die Hoëveld-vroueparewenspan kom van Secunda af.
Die nuwe bestuurskomitee van die klub is ook gekies.
Jan Labuschagne is die president en Annette van Ryneveld is die sekretaris.
Viano Prinsloo en André du Bruto is addisionele lede, Tessa van der Sandt is die tesourier en Jan van Niekerk is die kompetisiesekretaris.
Patrys Becker is as keurder verkies.




