Local sportSport

Krieketklub vier Erfenis met ontwikkelingsdag

Sasol Secunda Krieketklub het op 24 September ’n krieketontwikkelingsdag gehou.

SECUNDA – Sasol Secunda Krieketklub het die gees van Erfenisdag gevier en leerling van die OppiePlaas Akademie genooi om saam met hulle te kuier, krietket te speel en te braai op 24 September/

Volgens mnr. Ingus Koekemoer, lid van die krieketklub, wou hulle as klub iets vir die gemeenskap doen voor die afskop van die krieketseisoen.

“Ons wou ’n ontwikkelingsdag vir kinders reël wat nog nooit die geleentheid gehad het om krieket te speel nie.

“Ons het kontak met OppiePlaas Akademie, ’n kleuterskool en laerskool op Bethal gemaak.

“Omdat dit Erfenisdag was, het ons en die skool besluit om al hul leedlinge saam met hul ouers na die ontwikkelingsdag te nooi.”

Die dag was ’n prettige geleetheid met ouers en kinders wat volgens hul eie erfenis aangetrek het.

“Daar was bykans 500 mense.

“Die krieketklublede het verskillende afrigtingsoefeninge saam met die leerlinge gedoen, gehelp met tegnieke en later saam met die leelinge teen hul ouers krieket gespeel.”

Die krieketklublede het selfs later in die dag al die pa’s vir ’n sokkerwedstryd uitgedaag.

Die doel van die dag was om die skool te help om krieket bekend te stel aan die ouers en kinders met die hoop dat die kinders daaraan sal wil deelneem.

“Daar was ook speletjies wat die kinders saam hul ouers kon speel wat deur die skool aangebied is en dit was lekker om die dag saam met OppiePlaas Akademie aan te bied.”

Die krieketseisoen skop op 1 Oktober af met Sasol 1 wat die naweek ’n wegwedstryd speel teen Piet Retief.

Die klub oefen Dinsdae en Donderdae van 6nm tot 8nm en enige iemand is welkom om saam te oefen.

Vir meer inligting, skakel mnr. Ignus Koekemoer by 072 765 5443.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button