Boulers sê mekaar die stryd aan in Standerton Besigheidsliga
Maximed het eerste gekolf en almal is vir 143 uitgeboul. Bryan Pretorius het 48 lopies en Werner Mouton 44 aangeteken.
Die Standerton Krieketklub se Besigheidsliga het die afgelope naweek ‘n oorwinning vir Monsanto verseker.
Monsanto het Maximed met vier paaltjies geklop.
Maximed het eerste gekolf en almal is vir 143 uitgeboul. Bryan Pretorius het 48 lopies en Werner Mouton 44 aangeteken.
PJ Venter was die beste bouler vir Monsanto met 2/15 lopies in vier beurte en Jan-Dirk van Dyk het gespog met 2/24 in vier beurte. Monsanto se beste kolwer was Jan-Dirk van Dyk met 46 en Zander van Deventer met 33.

Maximed se beste bouler was Bryan Pretorius met 2/13 in twee beurte en Elpee Jordaan het 1/7 in vier beurte behaal.
Old Boys sal op 16 Oktober teen Brandrift wedywer in die Plaat-eindstryd en New Denmark Colliery sal teen Monsanto in die eindstryd meeding.
Die wedstryde begin om 9vm by die ovaal en die spanne het ondersteuners versoek om die kragmeting by te woon.
Ondersteuners sal toegelaat word om ‘n braaivleisvuur langs die veld aan te steek.



