Local sportSport

Sasol 2 wen terwyl Sasol 1 sukkel

Die wedstryd vind tuis plaas.

SECUNDA – Sasol 1 Krieketklub het na naweek die knie voor Ermelo gebuig toe hulle hul wegwedstryd met 84 lopies verloor het.

Ermelo het eerste gekolf en 238 lopies gekry.

Sasol se bouler, Ignus Koekemoer, het die seisoen goed begin met syfers van 3 vir 47 in 9.5 beurte.

Sasol 1 het in hul beurt met die kolf gesukkel en kon slegs 154 lopies almal uit aanteken.

Andre Allerston het uitgestaan met sy 42 lopies.

Sasol 2 Krieketklub het die naweek Piet Retief tuis met 33 lopies geklop.

Sasol 2 is eerste ingestuur om te kolf en die openingskolwers, Gawie Nel en kaptein Werner Coetzee, het onderskeidelik 54 en 55 aangeteken.

Sasol 2 het op 222 vir 8 in hul 50 beurt geƫindig.

Piet Retief kon slegs 189 almal uit aanteken en bouler Dylan Niemand het met die bal gewys wat in hom steek met syfers van 4 vir 27 in 7 beurte.

Sasol 1 en Sasol 2 speel die naweek vir die eerste keer in vyf jaar teen mekaar.

Die wedstryd vind tuis plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button