Stoffel en Riaan korrel sekuur
Die wind het hard begin waai in ’n stadium, maar dit het nie die 36 deelnemers se entoesiasme gedemp nie.
Die Kosmostak van die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging het op 15 Oktober die klubverrigtinge vir die jaar afgesluit met die Dave Marais Voorgeeskiet op die plaas Höningsvallei van mnr. Stoffel Bester naby Perdekop.
Slegs klublede kon deelneem en daar was oudergewoonte ses bane met vyf gonge (teikens) elk wat op verskillende afstande raakgeskiet moes word.
Die wind het hard begin waai in ’n stadium, maar dit het nie die 36 deelnemers se entoesiasme gedemp nie.
Almal was dit eens dat die dag ’n sukses was en Stoffel Bester en Riaan Booysen met ’n telling van 28/30 is as die beste skuts aangewys.
Lees die volledige verslag in vandeesweek se Standerton Advertiser.



