Jong spelers kry nodige ondervinding
“As dit skielik by dubbels kom, kan die jong spelers nie meer tel nie, so hulle moet bietjie baanondervinding kry voordat hulle die eerste keer formeel deelneem.”
SECUNDA – Verskeie jong tennisspelers het Vrydag, 28 Oktober aan ’n ontwikkelingstoernooi by die Sasol Ontspanningsklub deelgeneem.
Volgens me. Anne-Marie Meyer, afrigter, bied sy graag dié soort ontwikkelingstoernooie vir haar spelers aan, sodat hulle die nodige ondervinding kan kry om met gemak aan groter toernooie deel kan neem.
“Baie van die tennisspelers hier het min baanondervinding en het nog nooit aan ’n toernooi deelgeneem nie of het nog nooit mini-tennis gespeel nie.
Vrydag se toernooi het veral daarop gefokus om vir jong spelers die nodige ondervinding in gemengde dubbelsspel te gee.
“As dit skielik by dubbels kom, kan die jong spelers nie meer tel nie, so hulle moet bietjie baanondervinding kry voordat hulle die eerste keer formeel deelneem.”
Van die ouer spelers het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die meer tegniese dele van hul spel te ontwikkel.






