Local sportSport

Sasol 1 Krieketklub klop eMba terwyl Bethal vir Sasol 2 klop

Dodds van Zyl het uitgestaan met die bal vir Sasol 1 met syfers van vyf vir 25 in sy 10 beurte.

SECUNDA – Diaan du Plooy van Sasol 1 Krieketklub het sy goeie vorm bevestig met sy 58 lopies Saterdag.

Dit was tydens hul wedstryd teen eMbalenhle op eMba.

Sasol 1 het die loot gewen en besluit om eMba in te stuur om te kolf.

Paaltjies het gereeld geval en druk op eMba gesit wat slegs 174 lopies almal uit kon aanteken.

Dodds van Zyl het uitgestaan met die bal vir Sasol 1 met syfers van vyf vir 25 in sy 10 beurte.

Sasol 1 het sterk gestaan met die kolf en het die teiken in die 31ste beurt behaal en ’n bonuspunt gekry.

Sasol 2 Krieketklub het die knie teen Bethal Bears gebuig in een van die groot wedstryde van die naweek.

Sasol 2 het eerste ingegaan om te kolf en kon slegs 168 lopies aanteken.

Bethal het die wedstryd met vier paaltjies gewen.

Sasol 1 speel die naweek teen Bethal Bears op Sasol se terrein.

Sasol 2 speel teen Ermelo op Ligbron se terrein op Ermelo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button