Dekalb Krieketspan gooi mielies in eindstryd teen New Denmark Colliery
NDC se nr. 11 kolwer, Theuns Adendorff, het twee sesse gemoker, maar dit was egter nie genoeg nie en NDC moes met slegs 77 lopies tevrede wees.
DeKalb se krieketspan het op Sondag, 30 Oktober die vloer met New Denmark Colliery (NDC) gevee tydens die Besigheidsliga se eindstryd.
Hulle 181/9 in 20 boulbeurte het ‘n oorwinning van 104 lopies oor hulle teenstanders verseker.
Die hitte het die spelers se geesdrif nie geblus nie en getroue ondersteuners het die spel fyn dopgehou.
Die seisoen het sy klimaks bereik toe die twee topspanne in die eindstryd kragte gemeet het met NDC wat die loot gewen en DeKalb eerste ingestuur het om te kolf.
Telborddruk het sy tol geƫis en Jacques Nel het met sy eerste aflewering aan Carus van Rensburg toegeslaan.
Albei aanvangskolwers is terug pawiloen toe vir ‘n eendjie.
Jan-Dirk van Dyk, kaptein van DeKalb, het 69 lopies aangeteken en is goed deur die res van sy span ondersteun.
NDC se nr. 11 kolwer, Theuns Adendorff, het twee sesse gemoker, maar dit was egter nie genoeg nie en NDC moes met slegs 77 lopies tevrede wees.
Dit was die eerste seisoen waarin NDC ‘n wedstryd verloor het en volgens Louis Bibbey het hulle miskien vergeet hoe goed die Boerseuns wilgerlat kan swaai.
Ander spelers wat die hele seisoen bygedra het, maar nie die seisoen gespeel het nie is Nelis Eksteen, Pieter Blom, Alrich Wolmarans en
Jaxes Eksteen.



