Local sportSport

Nico en Johann stap met die louere weg

Hul gepaardgaande netto van 63 het vir 'n eerste plek by die beterbalkompetisie gesorg.

Nico Lombard en Johann van Rensburg se gholfvaardighede en gepaardgaande netto van 63 het vir ‘n eerste plek by die beterbalkompetisie gesorg.

Nat weer en ongure wind het nie die gholfers op Saterdag, 12 November by die Standerton Buiteklub afgeskrik nie. Tertius Brits en Kobie Coetzee was tweede met ‘n netto van 65, gevolg deur Louis Gravett en Gerrit Coetzee met ‘n netto van 66.

Louis Nel en Herman Mynhardt het die vierde plek met ‘n netto van 66 behaal en Jore Nortje en Patrizia Lombard was vyfde met ‘n netto van 66.

Ronald Kinnear en Johann van Rensburg het spog-twee’s behaal.

Die volgende kompetisie ” Keep the ball alive” – IPS vind op Saterdag, 19 November plaas.

Vir meer inligting, skakel mnr. Wessel Maree, klubbestuurder, by 017 719 1123.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button