Sasol 2 krieket byt in die stof
Bethal Bears is tans eerste, Sasol 1 tweede en Piet Retief derde in die Premierliga.
SECUNDA – Ignus Koekemoer het vir Sasol 1 Krieketklub in ’n dominante posisie gesit met sy drie vir 27 in sewe beurte.
Sasol 1 het Sasol 2 Saterdag met agt paaltjies by Sasolklub geklop.
Dit het geblyk dit sou moeilik wees om te kolf met ’n nat veld en die blad wat stadig sou wees.
Sasol 1 het die lood gewen en besluit om eerste te boul om die toestande ten volle te benut met die hoop dat die veld sou opdroog deur die dag.
Sasol 2 was vroeg in die moeilikheid en is almal uit vir 70 lopies.
Reinard Gunter het 36 nie uit nie aangeteken, maar kon nie veel reg kry met paaltjies wat gereeld om hom gekantel het.
Sasol 1 het die 70 lopies in 15 beurte ingehaal en was dominant regdeur die wedstryd.
Wedstryde sal weer hervat word in die nuwe jaar met Sasol 1 wat op 14 Januarie teen die Bethal Bears by Sasolklub speel.
Sasol 2 speel op 14 Januarie speel teen Ermelo op Ermelo.
Bethal Bears is tans eerste, Sasol 1 tweede en Piet Retief derde in die Premierliga.
Ignus Koekemoer, voorsitter van Secunda Krieketklub, het gesê: “Ek wil dankie sê aan die Sasol Ontspanningsklub en almal betrokke wat die geriewe beskikbaar stel.
“Baie dankie aan al die spanne waarteen ons gespeel het en die manier waarop hulle elke wedstryd van die seisoen laat verloop het.
“Dankie aan almal wat agter die skerms betrokke is om die sukses vir ons moontlik te maak.
“Ons wil dankie sê aan Neil Salzmann, kaptein van Sasol 1 Krieketklub, en Johan Combrink, kaptein van Sasol 2, vir al hul harde werk.
“Ek is trots op die manne, veral omdat ons weer twee spanne in die Premierliga het en ek hoop dat ons kan aanhou bou op ’n goeie seisoen.
“Ek glo die seisoen sal goed aanhou na die breuk wat voorlê en die sleutelwedstryde wat gespeel gaan word.
“Ek wil almal ’n geseënde Kersfees toewens en ’n voerspoedige jaar.”
Enige iemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan hom skakel by 072 765 5443 of epos na secundacricket@gmail.com.




