Sasol Secunda Stoeiklub hou prysuitdeling
Jong stoeiers blink uit met trofees en medaljes.
SECUNDA – Sasol Stoeiklub Secunda het hul jaarlikse prysuitdeling onlangs by die stoeiklub gehou.
Verskeie jong stoeiers is by die geleentheid vereer en elkeen het ’n wisseltrofee ontvang.
Rei van Niekerk is aangewys as beste stoeier in die 0/6-groep, Berno Groenewald in die 0/7-groep, Ludolph Steenkamp in die 0/9-groep en Anru van Zyl is die beste 0/13-stoeier.
Marnus Groenewald is die beginnerstoeier wat die beste gevorder het en Divan en Zandré Smit deel die trofee vir die moedigste stoeier.
Mnr. Manie van den Berg het die merietetrofee verwerf vir die getrouste diens gelewer en mnr. Leon en me. Anemarie van Heerden deel die trofee vir die getrouste diens gelewer.
Mnr. Zaack Manaia was die provinsiale afrigter vanjaar, mnr. Brandon Rokebrand ’n provinsiale skeidsregter en me. Denise Möhr die spanbestuurder.
Op Suid-Afrikaanse vlak was me. Elma Webb ’n spanbestuurder.
Nathan Webb was die beste kadetstoeier en deel die trofee vir stoeiers wat brons- of silwermedaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap verwerf het.
Me. Chanell Manaia het die diverse trofee vir getroue diens ontvang en was ook vanjaar ’n mediese beampte.
Jaden Grobler was die beste stoeier in die 0/11- en 0/9 tot 0/11-groep.
Me. Lollie van den Berg het ’n wisseltrofee ontvang vir getroue diens en as administratiewe beampte op Suid-Afrikaanse vlak.
Jordan Webb was die beste stoeier in die 0/10-groep, die mees wetenskaplike stoeier in die 0/9 tot 0/11-groep en deel die trofee vir stoeiers wat brons- of silwermedaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap verwerf het.
Mnr. Johan van Berg het die merietetrofee vir getroue diens ontvang en was afrigter en skeidsregter op Suid-Afrikaanse vlak.
Zak Manaia was die beste 0/8-stoeier, die beste muggiestoeier, die mees gevorderde beginner en die mees wetenskaplike stoeier tussen 0/6 tot 0/8 jaar.
Nico van den Berg was die beste junior stoeier, die beste senior stoeier, die beste 0/13 tot senior stoeier, die beste vrystyl president stoeier, die beste Grieks-Romeinse president stoeier, die beste provinsiale Grieks-Romeinse stoeier, die beste provinsiale vrystyl stoeier, die stoeier wat die meeste wedstryde gewen het, die stoeier wat die meeste punte vir eerste, tweede en derde plekke aangeteken het, die mees wetenskaplike kadet junior en senior stoeier en die algehele Grieks-Romeinse stoeier van die jaar, asook die algehele vrystyl stoeier van die jaar.
Hy deel die trofee vir stoeiers wat ’n tweede of derde plek by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap verwerf het en het die trofee vir die stoeier wat ’n eerste plek by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap behaal het verower, asook die trofee vir deelname aan ’n internasionale kampioenskap.
Die volgende mense is tot Sasol Stoeiklub se uitvoerende bestuur vir 2017/2018 verkies: mnr. Manie van den Berg (beskermheer), mnr. Johan van den Berg (president), me. Elma Webb. (visie-president), me. Lollie van den Berg (ere-sekretaris), me. Angelique van Zyl (ere-hulpsekretaris en tesourier), mnr. Nico van den Berg (hoofafrigter), mnr. Nathan Webb (hoofskeidsregter) en me. Annemarie van Heerden (sameroeper, vrouekomitee).
Die addisonele lede is mnr. Leon van Heerden, me. Laura Steenkamp, mnr. Nico Prinsloo en me. Elza Prinsloo.




