Local sportSport

Mfundo gekies vir Springbok Akademie Sewes Toernooi

Mfundo is ook deur die Sharks-rugbyspan gekontrakteer en leef tans sy droom uit.

Mfundo Ndlovu, ‘n oudleerling van Hoërskool Standerton wat in 2015 gematrikuleer het, is onlangs vir die Springbok Akademie Sewe Toernooi in Dubai verkies.

Volgens sy afrigters mnre. Koos Fick en Mauritz van Heerden word Mfundo as ‘n nederige, godvresende seun bestempel en is dit ‘n besonderse prestasie vir die 19-jarige.

Mfundo is ook deur die Sharks-rugbyspan gekontrakteer en leef tans sy droom uit.

Hy het verlede jaar met die Skole Sewe Toernooi in Somoa ‘n goue medalje met die “Common Wealth Youth Games” verower.

SHS is besonder trots op nog ‘n ster-produk vanuit die gemeenskap en wens hom alle sterkte toe met sy reis na die sterre.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button