Local sportSport

Gholf-klubkaptein leef vir dié sport

’n Mens moet poog om suksesvol te wees in die dinge wat jy in die lewe aanpak.

Buitelewe, braai en kuier is deel van mnr. Johann Janse van Rensburg se tydverdrywe wanneer hy nie sy skoene as gholfkaptein by die Standerton Buiteklub volstaan nie.

Johann, beter bekend as Vaatjie, is op Amersfoort gebore en het sy laerskoolloopbaan by Laerskool Perdekop voltooi.

Hy het aan Hoërskool Volksrust gematrikuleer en in 1996 graadgevang in B.Com Rekeningkunde by Vaal Pukke wat vandag as NWU Vaaldriehoek Universiteit bekendstaan.

Volgens hom was hy nog altyd lief vir syfers en sy studierigting was ’n spontane keuse.

Nadat hy afstudeer het, het hy sy klerkskap by SA Kok en Kie op Volksrust begin en na ’n jaar is hy na hulle kantore op Standerton verplaas.

Hy het by verskeie instansies op die dorp gewerk voor hy by Amancube Engineering nesgeskop het.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button