Hengelaars kap 717 visse vas
Piet van der Merwe het die meestersafdeling beklink met 50 visse met gewig van 23,270kg. gevolg deur Pikkie Petzer met 22 visse van 8,516kg en Pikkie Gleeson was derde met 17 visse van 8,936kg.
Meyerville Hengelklub het ‘n naweekkompetisie op 9 en 10 Desember gehad waar 48 hengelaars 717 visse met ‘n gewig van 451,50kg vasgekap het.
Piet van der Merwe het die meestersafdeling beklink met 50 visse met gewig van 23,270kg. gevolg deur Pikkie Petzer met 22 visse van 8,516kg en Pikkie Gleeson was derde met 17 visse van 8,936kg.
Jan Nortje het in dié afdeling die vis vir die dag, ‘n geelvis van 0,694kg, gevang.
Fanie Botha het in die seniorafdeling geseëvier met 50 visse van 25,888kg. terwyl Gerhard Lues tweede was met 49 visse van 20,366kg en Phlippie van Vuuren derde met 15 visse van 34,988kg.
JP Kleynhans het in dié afdeling die vis vir die dag, ‘n geelvis van 0,731kg, vasgekap.
Solene du Preez was onoorwonne in die vroue-afdeling met 23 visse van 13,919kg. gevolg deur Marietjie Toscano met 22 visse van 10,774kg en Marianne Erasmus was derde met 22 visse van 8,225kg.
Lettie Strydom het in dié afdeling die vis vir die dag, ‘n geelvis van 0,835kg aan wal gebring.
Marietjie Toscano het ook ‘n klipbaber van 0,307kg gevang wat ‘n redelike grote is want dié bedreigde spesie word nie baie groot nie. Juandre Swanepoel, ‘n besoeker, het koning in die juniorafdeling gekraai met 17 visse van 13,045kg. Charlize Fourie, ook ‘n besoeker, was tweede met agt visse van 3,116kg en het die vis vir die dag, ‘n geelvis van 0,578kg gevang, terwyl Lia Kleynhans derde was met sewe visse van 2,829kg.
Lourens van Vuuren het ‘n mooi baber van 5,153kg gevang.
Lettie Strydom het met haar geelvis van 0,835kg, Martin Strydom met ‘n karp van 3,069kg, Phlippie van Vuuren met sy baber van 9,122kg en Gerhard Lues met ‘n modderbek van 1,419kg Midas se pryse vir die grootste visse in elke spesie ontvang. Die volgende kompetisie is ‘n dagkompetisie op 14 Januarie by die klubwater.
Hengelaars kom om 6.15vm by die hek bymekaar en begin om 7vm hengel tot 3nm.
Vir meer inligting skakel Marianne Erasmus by 083 712 4858.







