Local sportSport

Sasol Stoeiklub-amptenare dien op provinsiale en nasionale rade

Lollie van den Berg is vir die 13de jaar verkies tot die sekretaris van die Suid-Afrikaanse Administratiewe Raad.

SECUNDA – Tydens die algemene jaarvergadering van die Mpumalanga Stoeivereniging, is mnr. Johan van den Berg, president van Sasol Stoeiklub, verkies tot die president van Mpumalanga Stoeiverening.

Me. Lollie van den Berg, sekretaris van Sasol Stoeiklub, is die nuwe ere-sekretaris van Mpumalanga Stoeiverenging.

Mnr. Johan van den Berg is ook vir die Mpumalanga Afrigtersraad gekies en mnr. Manie van den Berg en me. Van den Berg vir die Mpumalanga Administratiewe Raad.

Me. Elma Webb en me. Van den Berg is ook vir die Mpumalanga Ontwikkelingsraad gekies en me. Chanell Manaia vir die Mpumalanga Mediese Raad.

Tydens die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie se algemene jaarvergadering, is mnr. Manie van den Berg vir die 21ste jaar verkies tot die sekretaris-generaal van die Suid-Afikaanse Stoeifederasie, asook tot die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie se Administratiewe Raad.

Me. Van den Berg is vir die 13de jaar verkies tot die sekretaris van die Suid-Afrikaanse Administratiewe Raad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button