Local sportSport

Klubkrieket halfpad daar

Drie wedstryde oor voor ons weet wie deurgaan na die Super 6.

SECUNDA – Dit was tot dusver ’n goeie seisoen vir die spanne wat in die Gert Sibande Premier Krieketliga speel.

Dié spanne is eMbalenhle, Msulika Warriors, Sasol 1, Sasol 2, Bethal Bears en Piet Retief.

Die liga het wel vinnig gewys wie die spanne is wat om die eerste plek gaan meeding.

Bethal Bears staan sterk in die eerste plek met 27 punte na vyf oorwinnigs uit die sewe wedstryde wat hulle gespeel het.

Sasol 1 is in die tweede plek met 23 punte nadat hulle vier van hul sewe wedstryde gewen het.

Piet Retief is derde met 13 punte en een wen na sewe wedstryde.

Mnr. Ignus Koekemoer, voorsitter van Sasol Krieketklub, het gesê: “Dit is ’n voorreg om weer twee spanne in die liga te hê en om op ’n mededingende vlak deel te neem.

“Dankie aan die spanne teen wie ons speel en die goeie gees waarin gespeel word.

“Ek sien uit na die ruskans en hoop ons het die kans om vorentoe te bou op wat ons het.

“Die manne werk hard en bring hul deel en ons soek die resultate wat duidelik is tot dusver.

“Daar gaan ’n paar sleutelwedstryde gespeel word volgende jaar, waartydens Sasol 1 teen Bethal Bears gaan speel en dit gaan ’n groot een vir ons wees.”

Mnr. Neil Parsons van Bethal Bears het gesê: “As die bestuur van Bethal Krieketklub is ons baie bly dat Bethal Bears van die begin van die seisoen af hul posisie bo-aan die Premier Liga-punteleer kon behou.

“Ons besef dat ons grootste teenstander Sasol 1 is en ons besef dat die twee wedstryde teen hulle in die nuwe jaar die wenner van die streek sal bepaal.

“Bethal Bulldogs wat in die Promosieliga speel, is ook tans eerste op die punteleer.

“Ons kon nie meer trots op dié twee spanne wees nie.

“As voorsitter van Gert Sibande Krieket, is my grootste hoop dat Bethal Bears of Sasol sal deurgaan om die Mpumalanga Premierliga te wen.

“Sasol het die liga in die 2014/2015-seisoen gewen en Bethal Bears die 2015/2016-seisoen.

“As ’n Gert Sibande-klub vanjaar wen, sal dit geskiedenis maak en bewys dat ons ’n streek is waarmee gereken moet word.”

Dit is ’n goeie einde wat voorlê met Sasol 1 Krieketklub wat op 14 Januarie teen Bethal Bears gaan speel.

Daar word 10 wedstryde gespeel en die twee wat bo-aan die punteleer lê, gaan deur na die Super 6 om te bepaal wie die beste in Mpumalanga is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button