Local sportSport

Hengelaars wedywer vir plek in span

Vyf hengelaars van die Standerton en Distrik Hengelklub het in Desember ’n uitnodiging na die mini-proewe van die SA Varswater Oewer Federasie (SAVOF) gekry.

Vyf hengelaars van die Standerton en Distrik Hengelklub het in Desember ’n uitnodiging na die mini-proewe van die SA Varswater Oewer Federasie (SAVOF) gekry.

Louis Fourie, Riaan Ceronio, Simoné Labuschagne, Dirk Nel (jr.) en Franco Hoffman het by Bloemhofdam hulle staal oor ’n periode van vyf dae gewys.

Riaan Ceronio het op die laaste dag van die proewe 53 karpe aan wal gebring met ’n gesamentlike gewig van 42,905kg.

Na afloop van die mededinging is Louis Fourie as bestuurder van die 0/19A-span gekies met JD van Wyk as spanlid, terwyl Riaan Ceronio in die 0/19B-span opgeneem is.

SAVOF se Jonge Dames-span sal deur Jaco Koekemoer bestuur word met Simoné Labuschagne en Denae Koekemoer as spanlede.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button