Local sportSport

Gholfspelers geniet langnaweek propvol gholf

Casper Roux was die A-afdeling se wenner met ’n netto van 70 en Gert du Preez het tweede geëindig met ’n netto van 72, hoewel hy die beste gross van 77 aangeteken het.

Die onlangse Standerton Advertiser se Maandelikse Beker het ’n allemintige 33 spelers na die gholfbaan gelok.

Casper Roux was die A-afdeling se wenner met ’n netto van 70 en Gert du Preez het tweede geëindig met ’n netto van 72, hoewel hy die beste gross van 77 aangeteken het.

In die B-afdeling het Ian Harper met die louere weggestap met ’n gross van 85 en netto van 73, gevolg deur Wessel van der Merwe met ’n netto van 73.

In die C-Afdeling het Hannes Vermaak koning met ’n gross van 90 gekraai.

Patrizia Lombard het in die vroue-afdeling met ’n gross van 74 en netto van 64 geseëvier.

RJ Kinnear was onoorwonne in die juniorafdeling met ’n gross van 80.

Lees ook die uitslae van die IPS en “Bonus Bogey”-kompetisie in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button