Ermeloërs skiet raak by Suid-Afrikaanse kampioenskap
Lede van Full Moon Cue Sport neem deel aan SA-kampioenskap in Secunda.
Die Suid-Afrikaanse-mans se 8-, 9- en 10-balkampioenskap het die naweek van 13 tot 15 April op Secunda by Eish Deck plaasgevind.
Vier spelers van Ermelo Full Moon Cue Sport, Marius Vermeulen, Jaco Vermeulen, Charles Wahlstrand en Henk Vermeulen, het ingeskryf.
Altesaam 35 inskrywing is vir die 10-bal, 32 vir die 8-bal en 33 vir die 9-bal ontvang.
Charles Wahlstrand het in die 10-bal en 8-bal in die vierde plek geëindig en in die 9-bal in die laaste 16 ronde uitgeval.
Marius Vermeulen, Henk Vermeulen en Jaco Vermeulen het tydens die 8-bal en 9-bal in die eerste ronde uitgeval.
Lees ook: Potbalspelers van Ermelo skiet raak tydens die tweede ronde van die liga
Die algehele wenners in elke afdeling is:
By die 10-Bal het Aden Joseph van die Vrystaat met die eerste plek weggestap, Jason Theron van KwaZulu-Natal het in die tweede plek en Jacobus le Roux van Mpumalanga in die derde plek geëindig.
David Anderson van KwaZulu-Natal is as die 9-bal-kampioen aangewys met Aden Joseph van die Vrystaat in die tweede plek en Vincent Halliday van Gauteng in die derde plek.
Die 8-bal kampioen is Jason Theron van KwaZulu-Natal, terwyl Francois Ellis van Gauteng die tweede plek behaal het en Zbynek Vaic van Gauteng die
derde plek.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



