Skuts ding mee in die nag op plaas buite Trichardt
Skietbaan bly Sondae oop na skietkompetisie.
TRICHARDT – Twee skietkompetisies het die naweek by Teksa Skietklub se skietbane buite Trichardt plaasgevind.
Ruan van Heerden het die nagskietkompetisie Saterdagaand, 5 Mei gewen en 100 persent gekry. Hendrik Engelbrecht het tweede geëindig met 96 persent, Riaan Weideman derde met 80 persent, Louwrens van Schaik vierde met 75 persent en Fanie Pretorius vyfde met 74 persent.
Skuts moes na verskeie teikens in die donker skiet en het net beperkte lig gehad.
Duif Duvenhage was die beste skut in die ope-afdeling en het 100 persent gekry, terwyl Van Heerden die wenner was in die produksie-afdeling en Martin van Zyl was die wenner in die standaardafdeling.
Van die skuts het Sondagoggend, 6 Mei vir ’n eerste plek in die mini-geweerskietkompetisie geskiet.
Lees ook: Skuts meet kragte
Hendrik Engelbrecht het dié kompetisie gewen met 100 persent, Ruan van Heerden het algeheel tweede geëindig met 88 persent en Paul Loock was derde met 80 persent.
Martin van Zyl was vierde met 70 persent en Louwrens van Schaik vyfde met 70 persent.
Van Schaik het die mini-geweerafdeling gewen met 100 persent, Adré Weideman het die ope-afdeling gewen met 100 persent, Engelbrecht het die produksie-afdeling gewen met 100 persent en Loock het die standaardafdeling gewen met 100 persent.
Die klub beplan om tydens die volgende kompetisie die baan die Sondag ook nog oop te hou vir skuts wat nie die Saterdag tydens die klubkompetisie kan skiet nie.
Vir meer inligting oor Teksa Skietklub, skakel mnr. Willie Boshoff by 082 332 9441.



