Hoëveld Baarsmeestershengelklub neem aan laaste kompetisie vir die seisoen deel
Belangstellendes is welkom om volgende seisoen deel te neem.
HOëVELD – Heinrich Horn van die Hoëveld Baarsmeestershengelklub het die swaarste vis gevang wat 2,84kg geweeg het en het die kompetisie gewen.
Lede van dié klub het Saterdag, 12 Mei by Loskopdam deelgeneem en Horn se drie visse het 5,45kg geweeg en hom die wenner onder die senior mans gemaak.
Dirk Grobler was tweede onder die senior mans met twee visse wat 2,57kg geweeg het, Jaap Pienaar was derde met een vis wat 1kg geweeg het en Johnny Engelbrecht was vyfde met een vis wat 0,74kg geweeg het.
Lees ook: Uitstappie na Botswana
Onder die gashengelaars (country members) het Willem Poortman gewen met sy vier visse wat 3,83kg geweeg het, terwyl Piet van Wyk tweede geëindig het met sy drie visse wat 2,43kg geweeg het en Gideon Smit het derde geëindig met sy twee visse wat 0,97kg geweeg het.
Dit was die Hoëveld Baarsmeestershengelklub se laaste kompetisie vir die seisoen en daar was 12 hengelaars en sewe bote op die water.
Vir meer inligting oor dié klub, skakel Engelbrecht by 082 854 2919.



