Sasol 1 vermorsel Highlanders van Newcastle
Sasol 1 en 2 wen, Sasol 3 verloor teen eMbalenhle.
SECUNDA – Sasol Digi Mag Rugbyklub se eerstespan, Sasol 1, het Saterdag, 12 Mei daarin geslaag om 104 punte aan te teken teen die Highlanders van Newcastle.
Sasol 1 se spelers het 16 drieë gedruk.
Hulle het op hul tuisveld uitgedraf en die Highlanders kon net 20 punte aanteken.
Lees ook: Sasol Rugbyklub klop Nelspruit
Die spelers van die wedstryd is Ruan van der Colff (voorspeler) en Berty Visser (agterspeler).
Sasol 2 het ook met die Highlanders 2 kragte gemeet en hulle met 87-12 geklop.
Sasol 2 se spelers van die wedstryd is Enrico (Tilla) Jacobs (voorspeler) en AE van Wyk (agterspeler).
Sasol 3 het teen eMbalenhle gespeel en 23-32 verloor.
Sasol 3 se spelers van die wedstryd was Isak de Klerk (voorspeler) en DC Saaiman (agterspeler).
Sasol Rugbyklub se derdespan speel eerskomende Saterdag teen Standerton 2 by die Sasol Ontspanningsklub.





