Jong fietsryers ding mee in Spur Skole Bergfiets Uitdaging
Bekker en Engelbrecht wen bergfiets uitdaging.
SECUNDA – Die Spur Skole Bergfietsryuitdaging het Saterdag, 16 Junie op Secunda plaasgevind en Waldo Bekker en Geane Engelbrecht van Hoërskool Secunda het onderskeidelik die mans- en vroue-afdelings gewen.
Sune Stander was die tweede meisie oor die wenstreep in die sub-juniorafdeling en Zann Grobbelaar was derde.
Dillon Botha was die eerste seun in die sub-juniorafdeling, Nicholas Goutier was tweede en Arno Lewis derde.
In die jeugafdeling was Jean du Plessis die eerste seun wat oor die wenstreep gejaag het ,terwyl Jean van der Merwe tweede geëindig het en Waldu Bakker derde.
Beinice van Wyk was die eerste meisie in die jeugafdeling, terwyl Simone van Wyk tweede geëindig het en Suzanne Mare derde.
In die juniorafdeling was Rikus Booyens die eerste seun, terwyl Jeandre Goutier tweede geëindig het en Reyanrd van der Berg derde.
Charne Howard was die eerste meisie in dié afdeling, terwyl Razel Montgamer tweede geëindig het en Patricia Natten derde.
In die sub-nipperafdeling was Brand du Plessis die eerste seun oor die wenstreep en Francois van Tonder het tweede geëindig en Ruben Kuhl derde.
Jani van Wyk was die eerste meisie in dié afdeling, terwyl Marie Coetzee tweede geëindig het en Robin Jones derde.
In die nipper-afdeling was Armand de Villiers eerste, Stefan Slabbert tweede en HJ Hobkirk derde.
Lu-Mari du Plessis was eerste in dié afdeling, terwyl Anika Olivier tweede geëindig het en Sybone Hanekom derde.
In die sprogafdeling het Carl Mare eerste geëindig, Eben Binneman tweede en Wian Rabie derde.
Megan Botha het eerste geëindig in dié afdeling, Christi van Wyk was tweede en Demi Plath was derde.





