Skryf in vir die Trap om Genade-uithoufietswedren
Daar is vanjaar ’n verkorte baan wat ook meer geskik is vir kinder- of gesinspanne.

SECUNDA – Die derde Trap om Genade-uithoufietswedren vind op 28 Junie op die plaas Genade buite Secunda plaas.
Dié wedren is ’n uithourit van ses ure waaraan individue of spanne met tot vier lede ’n roete om die plaas volg.
Aan die einde word gekyk hoeveel rondtes elke individu of span voltooi het en daarvolgens word die wenners gekroon.
Daar is vanjaar ’n verkorte baan wat ook meer geskik is vir kinder- of gesinspanne. Spanlede wat nie op daardie stadium fietsry nie, asook ondersteuners en besoekers aan Genade Plaas kan die dag ook deur die stalletjies gaan stap en inkopies doen.
Saints Sports Cycles sal by vanjaar se Trap om Genade wees.
Die span sal tegniese ondersteuning kan gee en sal ook ’n stalletjie beman waar jy valhelms, fietsryklere en allerlei ander bykomstighede kan koop.
Trap om Genade is ’n geldinsamelingsaksie ten bate van plaaslike kinders wat vir sportspanne gekies is en finansiële bystand benodig.




