Sport

Sasol DigiMag Rugbyklub verloor een wedstryd en speel gelykop

Tweede span speel Saterdag op Secunda.

SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het Saterdag, 21 Julie in Mbombela teen Nelspruit 1 en 2 gespeel.

Sasol DigiMag 2 het verloor terwyl die eerstes gelykop gespeel het.

Sasol DigiMag 1 se telling was 25 elk teen Nelspruit 1 en Sasol DigiMag 2 se telling was 12-22 teen Nelspruit 2.

Sasol DigiMag 1 se spelers van die wedstryd was Dalton Smit en Francois Jacobs en Sasol DigiMag 2 se spelers van die wedstryd was Anwar Fillis en Siphesihle Zulu.

Sasol DigiMag 2 draf eerskomende Saterdag uit teen die Highlanders van Newcastle en Sasol DigiMag 1 speel Saterdag, 11 Augustus tuis in die eindronde van die liga.

Hulle weet nog nie teen watter span nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button