Local sportSport

Aksienetbalspan samel geld in vir toernooi

Span nooi publiek na geleentheid by Spur op 20 Februarie

SECUNDA – Dogters wat deel is van Secunda se 0/19-aksienetbalspan toer vanaf 26 tot 31 Maart na die Hillfox aksie-arena in Roodepoort.

Hulle gaan daar aan die junior interprovinsiale toer deelneem.

By dié toernooi sal ‘n Suid-Afrikaanse 0/17- en 0/19-span gekies word om in 2021 aan die toernooi wat in Nieu-Seeland plaasvind, deel te neem.

Kostes beloop sowat R4 500 per speler en daar is twee afrigters wat ook deel van die span is.

Die span het die afgelope twee Vrydae by verkeersligte op Secunda gestaan om geld in te samel en op Donderdag, 20 Februarie, hou hulle ‘n geldinsamelingsgeleentheid by Oregon Spur in Secunda Mall

Die spanlede gaan tydens dié geleentheid as kelners by Spur werk en daar gaan ook ballonne gebars word en belangstellendes staan die kans om iets te wen.

Skakel me. Mariska Lubbe by 082 851 1797.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button