Hengelaars katrol 500 visse in by Grootdraaidam
Andries Holtzhausen het die swaarste grootbekgeelvis (0,855kg) vasgekap, Jako Fourie die swaarste moddervis (0,725kg), Francois Scheepers die swaarste karp (3,800kg), Tieg Barnard die swaarste baber (0,790kg) en Martin van Rensburg die swaarste klipbaber (0,200kg).
Standerton en Distrik Hengelklub het by Grootdraaidam op Saterdag 1 Februarie lyne natgemaak met 30 hengelaars, wat 500 visse met ‘n gewig van 412,75kg, aan wal gebring het.
In die seniorafdeling was Morné Ludick onoorwonne met 20 visse van 33,825kg, gevolg deur Morné Kuhn (jr.) met 23 visse van 32,320kg en Morné Kuhn met 31 visse van 27,500kg.
Dalene Hoffman het eerste in die vroue-afdeling geëindig met 29 visse van 14,765kg, terwyl Elize Jansen van Nieuwenhuizen tweede was met 19 visse van 9,645kg en Nicolene Kuhn derde met nege visse van 7,190kg.
Elzander Hoffman het die juniorafdeling beklink met 14 visse van 8,655kg, gevolg deur JP Hoffman met sewe visse van 4,565kg.
Andries Holtzhausen het die swaarste grootbekgeelvis (0,855kg) vasgekap, Jako Fourie die swaarste moddervis (0,725kg) en Francois Scheepers die swaarste karp (3,800kg).
Tieg Barnard het die swaarste baber (0,790kg) en Martin van Rensburg die swaarste klipbaber (0,200kg) gevang.
Die Mpumalanga-vrouespan het tweede geëindig tydens die Algeheel Transvaal-kompetisie en die Senior A-span eerste tydens dié kompetisie.
Die Senior B-span het die vyfde plek behaal en die Senior C-span die tweede plek.



