Local sportSport

Meyerville-hengelaars kap visse vas

Die Vis van die Dag-toekenning het aan die swaarste modderbek gegaan. Johan Kruger het in die meestersafdeling koning gekraai met 25 visse van 10,348kg, gevolg deur Cobus Strijdom met 24 visse van 9,885kg en Pikkie Gleeson met 16 visse van 15,343kg.

Altesaam 49 hengelaars van die Meyerville Hengelklub het op Saterdag 8 Februarie 729 visse met ‘n gewig van 388,722kg aan wal gebring.

Die Vis van die Dag-toekenning het aan die swaarste modderbek gegaan. Johan Kruger het in die meestersafdeling koning gekraai met 25 visse van 10,348kg, gevolg deur Cobus Strijdom met 24 visse van 9,885kg en Pikkie Gleeson met 16 visse van 15,343kg.

Shawn Munro het die seniorafdeling beklink met 69 visse van 36,249kg, terwyl Johan van Wyngaard tweede was met 45 visse van 21,605kg en Richard Hills derde met 55 visse van 9,289kg.

Die vis van die dag het aan Otto Botha gegaan.

Elaine Munro het eerste in die vroue-afdeling geƫindig met 36 visse van 17,219kg, gevolg deur Louise van Vuuren met 16 visse van 10,571kg en Ilene Schonken met 20 visse van 6,037kg. Die vis van die dag het aan Elaine Munro gegaan.

Leonard Parkinson was onoorwonne in die juniorafdeling met nege visse van 5,905kg, terwyl Lourens van Vuuren tweede was met ses visse van 4,052kg en Germarie Pretorius derde met vyf visse van 3,766kg.

Ty Mortloek het in die penkopafdeling geseƫvier met 17 visse van 7,040kg, terwyl Johanco van der Merwe tweede was met 12 visse van 6,763kg en Alexis Moolman derde met sewe visse van 2,417kg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button