Edelvalk-skuts wedywer in verskillende tabelle by Evert Genis-skietbaan
Die tak het die militëre veterane van die SAWV bedank wat hul van kos en drinkgoed op die baan voorsien het, asook Jako Steenkamp, Iwan Lues, Jacques Dalhouzie, Wynand Ferreira, Helen Ellis, Ewald Eksteen, Stoffel Bester, Corrie Visagie en Neil Grabe vir hul hulp en bystand.
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Edelvalk-tak het op 15 Februarie ‘n skietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.
Stoffel Bester was onoorwonne by die springboktabel met 230,05, gevolg deur Jaco Potgieter met 230,03 en Ewald Eksteen met 220,02.
In die vroue-afdeling het Annetjie Buys met 200,02 geseëvier, terwyl Carla Lues met 190,01 tweede was en Helen Ellis met 180,00 derde.
Karina Visagie het eerste in die juniorafdeling met 170,01geëindig, terwyl Corrie Visagie tweede was met 140,00.
Bester het ook by die bosveld-sebra-tabel koning gekraai met 270,07, gevolg deur Driaan Podges met 260,04 en Johan Geldenhuys met 260,03.
In die vroue-afdeling was Carla Lues met 210,01 eerste, terwyl Annetjie Buys met 190,01 tweede was en Laurenza Visagie met 160,01 derde.
Corrie Visagie het die juniorafdeling met 200,01 beklink, gevolg deur Carel Bester met 140,01 en Karina Visagie met 80,00.
Johan Geldenhuys het die eerste plek met 17/20 by die kransduif-haelgeweer-tabel behaal.
Hannes Uys met 15/20 was tweede en Jako Steenkamp met 13/20 derde.
Carel Bester se 13/20 het aan hom die eerste plek in die juniorafdeling besorg.
Driaan Podges het by handwapen-jag met 230,03 geseëvier, gevolg deur Evert Genis met 200,02 en Jako Steenkamp met 170,02.
Nihann Eksteen het die windbuks-juniorafdeling met 135,01 gewen, terwyl Arrie Eksteen met 124,01 tweede was en Meeding Eksteen met 111,00 derde.
Die tak het die militêre veterane van die SAWV bedank wat hul van kos en drinkgoed op die baan voorsien het, asook Jako Steenkamp, Iwan Lues, Jacques Dalhouzie, Wynand Ferreira, Helen Ellis, Ewald Eksteen, Stoffel Bester, Corrie Visagie en Neil Grabe vir hul hulp en bystand.
Die lugdrukgewere wat Ellis vir die juniors opgestel het, het groot aftrek kry.
Die volgende skietdag vind op 14 Maart plaas en skuts sal aanlê na die swartwildebees-, buffel-, rooibok sonder rus- en fisant-tabel.




