Perderuiters ding mee op Secunda
Van Schalkwyk en Pieterse was ook die beste in die gangperd-afdeling.
SECUNDA – Jean-Mari van Schalkwyk was die algehele wenner van ‘n ruiterkompetisie wat op Saterdag, 29 Februarie by die Peraldi Ruitersentrum aangebied is.
Die ander wenners is Simoné Schoeman (beste in die loopafdeling), Ruben Lategan (reserwekampioen in die loopafdeling), Micsha de Sousa (beste in die draf-afdeling), Melanie Pieterse (reserwekampioen in die draf-afdeling) en Chrizelle Fourie (beste in die galopafdeling).
Van Schalkwyk en Pieterse was ook die beste in die gangperd-afdeling.
Altesaam 23 ruiters het aan dié kompetisie deelgeneem.



Die organiseerders van die dag het die beoordelaars, rolspelers en borge, me. Natasha Smit, me. Sannie Schoeman, me. René Lategan, Biofos Plaas, Feeds Depot, Equishop en Peraldi Ruitersentrum vir hul ondersteuning bedank.



