Local sportSport

Sasol Digi Mag Rugbyklub speel eerste rugbywedstryd van die jaar

Springs het na die tyd verstreke was, ’n laaste strafdoel deur die pale gestuur en die wedstryd met 17-14 beklink.

SECUNDA – Die Sasol Digi Mag Rugbyklub het ter opwarming vir die rugbyseisoen, aan die Springsrugbydag op Saterdag, 29 Februarie deelgeneem.

Die Springs-span wat vir die Gold Cup voorberei en reeds twee opwarmingswedstryde agter die blad het, het aanvanklik vir die Secunda-manne opdraende gegee.

Sasol Digi Mag was op ‘n kol 0-14 agter, maar het hard gewerk om op te vang.

Volgens hul afrigter, mnr. Lodewyk Uys, was die spanne teen die einde gelykop met 14 punte elk. Springs het na die tyd verstreke was, ‘n laaste strafdoel deur die pale gestuur en die wedstryd met 17-14 beklink.

“Ons het nog twee maande om te oefen voor die eerste wedstryd in vanjaar se liga en ons is baie opgewonde na wat ons Saterdag gesien het,” het mnr. Uys vertel.

Die spelers wat tydens die wedstryd teen Springs uitgestaan het, is Dalton Smit, Lourens Pretorius, Dewaldt Stander, Jakobus Byleveldt en Lourens Basson.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button