Krieket spanne speel half eindstreide
Sasol 1 het in die Mpumalanga premier liga teen Nelspruit gespeel op Sondag 8 Maart.
SECUNDA- Sasol Secunda Krieket Klub het die afgelope naweek gemengde welslae beleef toe sy spanne in die halfeindstryde van die Mpumalanga-premiersliga en promsieliga meegeding het.
Sasol 1 se nederlaag teen Nelspruit in die premiersliga op Sondag, 8 Maart, het sekerlik vir die grootste telleurstelling gesorg.
Hulle het dié tuiswedtryd met 53 lopies verloor.
Nelspruit het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. Hulle het 248 lopies in hul 50 boulbeurte op die telbord gesit.
Sasol se beste bouler was George Louw wat vier paaltjies gefel het.
Sasol kon slegs 195 lopies vir nege paaltjies aanteken.
Die span van Sasol 4 het op Saterdag 7 Maart die Newbies van Middelburg in die halfeindronde van die Mpumalanga-promosieliga met 144 lopies geklop.Sasol het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Sasol 4 het ’n telling van 241 in hul 40 boulbeurte aangeteken.
Dodds van Zyl het 62 lopies aangeteken en Stefan Grobler het 48 lopies van 21 balle geslaan.
Sasol het die Newbies uitgeboul vir slegs 97 lopies.
JP Austin het vier paaltjies geneem.





